Bakoe

Azerbaijan / Baki / Baku /
 stad, capital city of state/province/region (en), invisible (en), first-level administrative division (en), capital city of country (en)

Bakoe (Azerbeidjans: Bakı) is die hoofstad en grootste stad van Azerbeidjan. Die stad is in die ooste van die land aan die Kaspiese See geleë.

Met 'n oppervlakte van 2 130 km² en 'n bevolking van meer as twee miljoen in 2011 is Bakoe die grootste stad in Azerbeidjan en die hele Kaukasus-gebied. Met 'n verskeidenheid universiteite en ander tersiêre onderwysinstellings, navorsingsinstitute, teaters en museums fungeer die stad as die opvoedkundige en kulturele sentrum van Azerbeidjan.

Vanweë sy ligging langs 'n aantal beduidende handelspaaie het Bakoe al vroeg in sy geskiedenis 'n beduidende rol in die Kaukasus-streek gespeel. Sy ryk kulturele erfenis van paleise, moskees en vestings in die geskiedkundige ou stad het grotendeels bewaar gebly en in 2000 die status van UNESCO-wêrelderfenisgebied gekry.

Danksy sy ligging temidde van 'n belangrike olieveld vorm Bakoe die middelpunt van Azerbeidjan se pyplynstelsel en beskik daarnaas oor 'n beduidende seehawe vir die uitvoer van ru-olie.

Bakoe het in 2012 as gasheerstad van die Eurovision-sangfees opgetree en was een van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele in 2020.


www.youtube.com/watch?v=lj9W084k0RQ

www.youtube.com/watch?v=x2d6t_s5-u8

www.youtube.com/watch?v=pHVDTV1z1ag

www.youtube.com/watch?v=RaK5w19-Vho

www.youtube.com/watch?v=IzxXwNsSaVI

www.youtube.com/watch?v=lR_8p3HVlVo

www.youtube.com/watch?v=q3BZvsMdIaU

www.youtube.com/watch?v=Sq5DSQdI1Vw
Nearby cities:
Koördinate:   40°7'26"N   49°49'26"E