Brasília

Brazil / Distrito Federal / Brasilia /
 stad, capital city of state/province/region (en), draw only border (en), UNESCO World Heritage Site (en), capital city of country (en)

Brasília (die diakritiese teken word in Afrikaans dikwels weggelaat, dus ook Brasilia) is die hoofstad van Brasilië. Die stad lê in die Federale Distrik van Brasilië (Portugees: Distrito Federal do Brasil, amptelike afkorting: D.F.) en strek oor 'n oppervlak van 472,12 vierkante kilometer. Die stadsgebied het sowat 200 000 inwoners (2005), terwyl die metropolitaanse gebied van Brasília met 'n oppervlak van 5 822 vierkante kilometer 'n bevolking van 2,3 miljoen mense het. Die sentrale stadsgebied word omring deur satellietstede en krotbuurte (favelas).

Brasília, wat in April 1960 amptelik ingewy is, versinnebeeld die inbesitneming van die Brasiliaanse binneland en is tegelykertyd een van die mees ambisieuse argitektoniese projekte van die 20ste eeu. Brasília is deur die UNESCO later as 'n wêrelderfenisgebied gelys.
Koördinate:   15°42'58"S   47°56'10"W
Array