São Paulo

Brazil / Sao Paulo /
 stad, capital city of state/province/region (en), Munisipaliteit, draw only border (en), millionaire city (en)

São Paulo (Portugees vir Sint Paulus) is die hoofstad van die gelyknamige staat in suidoostelike Brasilië. Dit is geleë op die koördinate 23°32′36″S, 46°37′59″W sowat 400 km vanaf Rio de Janeiro en 1 030 km vanaf die federale hoofstad Brasília.

Die stad het 'n oppervlakte van 1 523 vierkante kilometer met 'n bevolking van ietwat meer as 11 miljoen, wat dit die stad met die grootste bevolking in die Suidelike Halfrond maak. Negentien miljoen mense woon in die metropolitaanse gebied groter São Paulo, soos deur die regering afgebaken, wat dit een van die vyf grootste metropolitaanse gebiede ter wêreld maak.

Die staat São Paulo is ook 'n hoogs bevolkte gebied. Die staat as sulks het 'n bevolking van om en by 40 miljoen mense. Die mense van Brasilië verwys na die inwoners van São Paulo as paulistanos en gebruik die term paulista vir mense wat in die staat woon. Die stad se leuse is Non ducor, duco, wat die Latyns is vir "Ek word nie gelei nie, ek lei".
Nearby cities:
Koördinate:   23°40'52"S   46°35'38"W
  •  21 km
Array