Boekarest

Romania / Bukarest / Bucharest /
 stad, capital city of state/province/region (en), urban/built-up area (en), capital city of country (en)

Boekarest is die hoofstad en industriële en kommersiële sentrum van Roemenië. Dit is in die suidooste van die land geleë by 44°25′N 26°06′E, en dit lê aan die oewer van die Dâmboviţarivier. Dit het aanvanklik as die Dâmboviţasitadel bekend gestaan.

In vergelyking met ander Europese stede is Boekarest nie 'n baie ou stad nie. Die vroegste verwysing na die stad dateer uit 1459. Sedertdien het die stad verskeie veranderinge ondergaan. Boekarest het in 1862 die hoofstad van Roemenië geword en geleidelik sy posisie in die middelpunt van Roemeense massamedia, kultuur en kuns verstewig. Die stad se eklektiese argitektuur verteenwoordig 'n mengsel van historiese, tussenoorlogse, Kommunistiese-era en moderne boustyle. In die tydperk tussen die twee Wêreldoorloë het die stad se elegante argitektuur en die gesofistikeerdheid van die plaaslike elite Boekrest die bynaam die "Parys van die Ooste" of "Klein Parys" (Micul Paris) geëin. Hoewel baie geboue en distrikte in die geskiedkundige stadskern beskadig of vernietig is deur oorlog, aardbewings en Nicolae Ceauşescu se program van sistematisering, het baie behoue gebly. In die laaste paar jaar het die stad 'n ekonomiese en kulturele voorspoedgolf beleef.

Volgens amptelike skattings het die eintlike Boekarest teen Januarie 2006 'n bevolking van 1 930 390 gehad. Die stedelike gebied strek verby die grens van die stad self en het 'n bevolking van 2,1 miljoen. As die satellietdorpe om die stedelike gebied ingesluit word het die metropolitaanse gebied van Boekarest 'n bevolking van 2,6 miljoen mense. Boekarest is die sesde grootste stad in die Europese Unie volgens bevolking.
Nearby cities:
Koördinate:   44°26'16"N   26°5'46"E
  •  155 km
  •  188 km
  •  232 km
  •  297 km
Array