Boezloedja-monument
Bulgaria /
Stara Zagora /
Sipka /
World
/ Bulgaria
/ Stara Zagora
/ Sipka
, 7 km van die middel af (Шипка)
/ Bulgarye /
monument (en), building/structure currently being renovated/restored/reconstructed (en), interesting place (en), 1981_construction (en), Modern (architecture) (en), tourist attraction (en)
Die Boezloedja-monument op die bergpiek Chadji Dimitar is in die somer van 1981 ter geleentheid van Bulgarye se 1300-jaarfees ingewy. Die futuristiese betonmonument, wat deur die argitek Georgi Stoilov volgens die styl van Sosialistiese realisme ontwerp is, versinnebeeld met sy 70 meter hoë steenpiloon Bulgarye se pad na oneindigheid. Die bergpiek het historiese en politieke betekenis - hier is in 1891 die Bulgaarse Sosiaaldemokratiese Arbeidersparty gestig waaruit later Bulgarye se Kommunistiese Party sou voortspruit.
Ná die politieke omwenteling in Bulgarye het die monument sy politieke en historiese simbolisme kwytgeraak en toenemend in verval geraak. In Julie 2019 is die monument saam met nege ander geboue deur die Amerikaanse Getty-stigting (Getty Foundation) in Los Angeles gekies as voorbeeld van ikoniese 20ste eeuse boukuns wat met fondse uit die internasionale Keeping It Modern-inisiatief omvattend gerestoureer sal word om dit vir die nageslag te bewaar.
www.youtube.com/watch?v=bE-EwcZ1wmA
www.youtube.com/watch?v=GnQb5FRziyo

Wikipedia article: http://af.wikipedia.org/wiki/Boezloedja-monument
Nearby cities:
Koördinate: 42°44'8"N 25°23'37"E
Array