Uniegebou (Претория) | presidential palace (en), residency (en), Neoclassical (architecture) (en), 1913_construction (en)

South Africa / Gauteng / Pretoria / Претория
 presidential palace (en), residency (en), Neoclassical (architecture) (en), 1913_construction (en)

Die Uniegebou (Engels: Union Buildings) is geleë op Meintjieskop, die hoogste punt in Pretoria, in die noorde van die voorstad Arcadia. Sedert sy voltooiing dien dit as die amptelike setel van die Suid-Afrikaanse regering. Dit bevat ook die kantoor van die President van Suid-Afrika. Dit word waarskynlik die beste onthou as die plek waar Suid-Afrika se eerste demokraties-verkose president, Nelson Mandela, in Mei 1994 ingehuldig is. Terwyl die gebou self nie toeganklik is vir die publiek nie, staan die buiteterras en tuine oop vir besoekers en bied 'n unieke uitsig oor die Jakarandastad.
Nearby cities:
Koördinate:   25°44'26"S   28°12'42"E