Ålesund

Norway / More og Romsdal / Alesund /

Ålesund is 'n stad en munisipaliteit (Noors: kommune) in die Noorse provinsie (fylke) Møre og Romsdal, sowat 236 kilometer noordoos van Bergen, met 'n oppervlakte van 98 vierkante kilometer en 41 833 inwoners (2008).
Ålesund is 'n seehawe en staan onder meer bekend vir sy unieke Art Nouveau-boustyl met torings, toringspitse en fantasieryke versierings op sy fasades. Ålesund het sy boustyl aan die verwoestende brand van die jaar 1904 te danke wat die hele stadsentrum vernietig het. Die jong Noorse argitekte, wat by die heropbou betrokke was, is deur die destyds moderne Art Nouveau-boustyl asook nasionale en nasionaal-romantiese impulse beïnvloed.
Ålesund het sodoende 'n unieke plek in die Noorse argitektuurgeskiedenis en het saam met ander Europese stede soos Glasgow, Nancy, Wene, Barcelona, Brussel en Riga in die Réseau Art Nouveau Network saamgesluit, 'n vereniging van stede met beduidende kwartiere en geboue in die Art Nouveau-styl.
Nearby cities:
Koördinate:   62°27'21"N   6°17'47"E
  •  225 km
  •  360 km
  •  372 km
  •  388 km
  •  401 km
  •  417 km
  •  461 km
  •  704 km
  •  712 km
  •  866 km
Array