Bosporus

Turkey / Istanbul /
 strait / channel / passage / narrows (en)  Add category

Die Bosporus (Grieks: Βόσπορος), ook bekend as die Istanboel-straat (Turks: İstanbul Boğazı), is ’n seestraat wat deel vorm van die grens tussen Europa en Asië. Die ander belangrike Turkse seestraat is die Dardanelle. Die Bosporus is die nouste straat in die wêreld wat vir internasionale seevaart gebruik word en verbind die Swartsee met die See van Marmara, wat weer deur die Dardanelle aan die Egeïese See verbind is, en daardeur aan die Middellandse See.

Dit is sowat 30 km lank, met ’n maksimum breedte van 3 700 m by die noordelike ingang en ’n minimum breedte van 700 m tussen Kandilli en Aşiyan. Die diepte wissel tussen 36 tot 124 m. Die oewers van die Bosporus is dig bevolk omdat die stad Istanboel met sy meer as 11 miljoen inwoners aan weerskante geleë is.

Google panorama: goo.gl/maps/RwS4wqjcWBpmza8r5
Nearby cities:
Koördinate:   41°6'55"N   29°4'7"E
  •  55 km
  •  543 km