Wikimapia is a multilingual open-content collaborative map, where anyone can create place tags and share their knowledge.

Stralsund

Germany / Mecklenburg-Vorpommern / Stralsund /
 town (en)  Add category

Die Hansestad Stralsund is 'n selfregerende stad in die Noord-Duitse deelstaat Mecklenburg-Voorpommere. Vanweë sy ligging aan die Strelasund, 'n nou seestraat van die Oossee, word die stad ook die "Poort na die eiland Rügen" genoem.
Stralsund het in die 10de eeu as 'n Slawiese nedersetting ontstaan. In 1234 is die stadstatus volgens die Lübeckse stadreg aan die destydse Stralow toegeken. Stralsund was gedurende die 14de eeu die tweede belangrikste Hansestad in die suidelike Oosseegebied na Lübeck. Vanaf die 17de tot in die vroeë 19de eeu het die stad 'n deel van die Koninkryk Swede gevorm en is daarna by Pruise ingelyf. Die historiese stadskern van Stralsund is in 2002 deur die UNESCO as wêrelderfenisgebied aangewys.
Nearby cities:
Koördinate:   54°17'43"N   13°5'9"E
  •  180 km
Array