Donau
Die Donau (Afrikaans soms ook Donou, Duits Donau, Hongaars Duna, Tsjeggies Dunaj, Kroaties, Serwies en Bulgaars Dunav, Roemeens Dunărea) is die tweede langste rivier in Europa ná die Wolga in Rusland.
Die rivier het van oudsher groot ekonomiese betekenis - as die belangrikste waterweg tussen Sentraal- en Suidoos-Europa, as die Swartsee se hoofwatertoevoer en as die lewensaar van die voormalige Oostenryks-Hongaarse Donaumonargie. Vir 2 580 kilometer van sy rivierloop van altesaam 2 858 kilometer is die Donau vir skepe bevaarbaar: vanaf Ulm vir klein, vanaf Regensburg vir groter vragbote en in sy benedeloop tot by Brăila vir seeskepe.

Donau, related objects
Wikipedia article: http://af.wikipedia.org/wiki/Donau
Coordinates: 46°10'0"N 18°50'28"E
Array