Andorra la Vella

Andorra / Andorra la Vella /
 stad, capital city of country (en)

Andorra la Vella (Katalaans, letterlik "Andorra die Oue"; Frans: Andorre-la-Vieille) is die hoofstad en ook die grootste stad van Andorra en die gelyknamige administratiewe distrik (parroquia). Met sowat 23 000 inwoners is Andorra la Vella ook die enigste stad in die Prinsdom Andorra, 'n klein onafhanklike land tussen Frankryk en Spanje.
Andorra la Vella is in die ooste van die Pireneë-bergreeks geleë en vorm ook in geografiese opsig die middelpunt van die prinsdom. Met 1 023 meter bo seevlak is dit die hoogsgeleë hoofstad in Europa.

Google panorama: goo.gl/maps/JfooHa1cdw9ecCAHA
Koördinate:   42°30'3"N   1°30'45"E