Afsluitdyk

Netherlands / Noord-Holland / Wieringermeer / A 7 (E 22)
 dam (en), dike (en)

Die Afsluitdyk (Nederlands: Afsluitdijk) is 'n dyk in Nederland wat sedert 1932 die IJsselmeer (die voormalige Suidersee) van die Waddesee afsluit. Dit loop van Den Oever op die voormalige eiland Wieringen na die Friese dorpie Zurich. Die dyk is 30 kilometer lank en so 90 meter breed, en is deel van die Suiderseewerke, ontwerp deur Cornelis Lely.
Koördinate:   53°0'57"N   5°12'50"E