Rhodos
Greece /
Dodekanisos /
Apyllona /
World
/ Greece
/ Dodekanisos
/ Apyllona
, 8 km van die middel af (Απόλλωνα)
/ Turkye /
eiland
Add category
Rhodos (Grieks: Ρόδος, Ródos, uitspraak: ˈroðos) is 'n Griekse eiland ongeveer 18km suidwes van Turkye in die oostelike Egeïese See. Dit is die grootste van die Dodekanese eilande in terme van oppervlakte en bevolking. Van die 117 007 inwoners[1] is 53 709 woonagtig in die gelyknamige hoofstad van die eiland.
Histories was Rhodos wêreldbekend om die Kolossos van Rhodos, een van die Sewe wonders van die wêreld. Die middeleeuse Oustad van Rhodosstad is verklaar tot 'n Wêrelderfenisgebied. Die hoofbedryf van die eiland is toerisme.
Die eiland Rhodos is byna soos 'n spiespunt gevorm, 79.7km lank en 38km breed, met 'n totale oppervlakte van ongeveer 1 400km2 en 'n kuslyn van ongeveer 220km. Rhodosstad is geleë aan die noordpunt van die eiland, en is ook die ligging van die antieke en huidige handelshawens. Die belangrikste lughawe (Diagoras Internasionale Lughawe, IATA-kode: RHO) is geleë 14km na die suidweste van die stad Paradisi. Die padnetwerk verlaat die stad radiaal na die oos- en weskuste.
Wat flora en fauna betref, toon Rhodos 'n groter ooreenkoms met Klein-Asië as met die res van Griekeland. Die eilandmidde is bergagtig, ylbewoon en bedek met dennewoude (Pinus brutia) en sipresse (Cupressus sempervirens). Die Rhodossiese damherte is geneties onderskeibaar van damherte elders, en is van hoë bewaringsbelang.[2] In Petaludesvallei (Grieks vir "Vallei van die Skoenlappers"), versamel groot getalle tiermotte in die somermaande. Die bergtop van Attavyrosberg, met 'n hoogte van 1 216m, is die hoogste punt van die eiland. Die strande is klipperig. Binnelands word lappies bewerkbare grond aangetref waar sitrusvrugte, wyndruiwe, aartappels, olywe en ander gesaaides verbou word.
Buite Rhodosstad, is die eiland oortrek met klein dorpies en vakansieoorde, waaronder Faliraki, Lindos, Kremasti, Haraki, Pefkos, Archangelos, Afantou, Koskinou, Embona (Attavyros), Paradisi en Trianta (Ialysos). Toerisme is die eiland se hoofbron van inkomste.

Wikipedia article: http://af.wikipedia.org/wiki/Rhodos
Koördinate: 36°10'18"N 27°57'55"E
Array