Burj Khalifa (Дубай)

United Arab Emirates / Dubai / Дубай
 hotel (en), skyscraper (en), panoramic view (en), high-rise (en), interesting place (en), 2007_construction (en), movie / film / TV location (en), tourist attraction (en)

Die Burj Khalifa voorheen bekend as die Burj Dubai, is 'n wolkekrabber in Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate en die hoogste mensgemaakte struktuur wat ooit gebou is met 'n hoogte van 828 m.[1] Konstruksie het begin op die 21ste September 2004 en die buitekant van die struktuur is op 1 Oktober 2009 voltooi. Die gebou is amptelik geopen op 4 Januarie 2010.
Die firma Skidmore, Owings and Merrill van Chicago was verantwoordelik vir die argitektuur. Die Argitek, Adrian Smith wat tot en met 2006 vir die firma gewerk het was die hoofargitek en Bill Baker was die hoofingenieur vir die projek gewees. Die hoofkontrakteur vir die projek was Samsung C&T van Suid-Korea gewees wat ook die Taipei 101 en die Petronas-torings gebou het.
Die totale koste van die Burj Khalifa projek was ongeveer VSA $1.5 miljard.
Koördinate:   25°11'49"N   55°16'27"E
Array