Reykjavik
Iceland /
Hofudborgarsvaedi /
Reykjavik /
World
/ Iceland
/ Hofudborgarsvaedi
/ Reykjavik
/ Ysland /
stad, Munisipaliteit, capital city of country (en)
Reykjavik (Yslands: Reykjavík, letterlik "Rookbaai") is die hoofstad van Ysland - en ook die wêreld se mees noordelik geleë hoofstad: Sy breedtegraad lê teen 64° 08' Noord net effens suid van die Noordpoolsirkel (66° 33'). Die stad met naastenby 120 000 inwoners lê aan die voet van die bergspits Esja met 'n hoogte van 900 meter en aan die suidoewer van die Faxaflóibaai, wat deel uitmaak van die Atlantiese Oseaan, en fungeer as die administratiewe, kulturele en ekonomiese sentrum van Ysland. Reykjavik huisves die meeste departemente van die Universiteit van Ysland en verskeie ander tersiêre instellings, teaters, museums en ander kulturele instellings. Die stad beskik daarnaas oor Ysland se belangrikste seehawe.
Wikipedia article: http://af.wikipedia.org/wiki/Reykjavik
Nearby cities:
Koördinate: 64°6'10"N 21°49'22"W